Laat my toe om julle droom vir julle te vang
Dit is oor en oor die moeite werd om die herinneringe van julle troudag in die hande van 'n bekwame fotograaf te laat. Dit is vir my 'n voorreg om foto's van 'n troue te kan neem, want dit is herinneringe waarin mense jare later nog vreugde vind.
As julle reeds na die ander foto's op die webwerf gekyk het, is julle welkom om 'n afspraak met my te maak om julle spesiale behoeftes te bespreek. Die besprekingsblad verduidelik presies hoe ek werk en wat julle moet doen om te bespreek.